Local newsNewsNews
Gras word Saterdagoggend by konsentrasiekamp-begraafplaas gesnoei
Talle organisasies en individue sal Saterdagoggend na Vereeniging se konsentrasiekamp-begraafplaas opruk om die lang gras te tem. Inwoners wat wil help is welkom.
VEREENIGING. – Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerk in die Vaaldriehoek wil die begraafplaas skoonmaak voor die winter kom, die gras droog word en die brandseisoen aanbreek.
Almal wat wil help word uitgenooi om 08:00 by die konsentrasiekamp-begraafplaas byeen te kom. Maak seker jy is gewapen om die lang gras te tem, so bring jou bossiekappers, pangas, harke, swartsakke en onkruiddoder!

Bring ook ’n drinkdingetjie en ’n worsie, want ná die tyd gaan daar lekker gebraai word! Onthou maskers. Skakel Okkie Jooste van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging by 071 478 8816 vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

