Local newsNewsNews
Iets doen is beter as niks doen!
VEREENIGING. - Die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk het die naweek ingespring en gehelp om die Konsentrasiekamp Begraafplaas net buite die stad by die skougronde (ou munisipale begraafplaas, Beaconfieldlaan) op te knap.
Die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk skryf:
Baie dankie aan iedere en elk wat gister opgedaag het om te help met die skoonmaak van die Konsentrasiekamp Begraafplaas in Vereeniging.
Dankie vir elkeen se hulp en díe wat kom kuier het en almal aangemoedig en ondersteun het. Dankie aan Fanie van Five Star Services wat gehelp het om die groot bosse te tem.
Iets doen is beter as niks doen. Saam kan ons ‘n verskil maak. Nou kan ons weer trots wees op ons geskiedenis.







At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
