Local newsNationalNewsNews

Inwoners kry swaar sonder elektrisiteit

Inwoners van Peacehaven gaan swaar gebuk onder die kragonderbreking wat reeds sedert verlede Donderdag duur.

VEREENIGING. – Die probleem is nou vererger deur ’n substasie wat Maandag aan die brand geslaan het.

Die substasie wat afgebrand het. Foto: Verskaf

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit kon nog nie antwoorde gee oor die omvang van die skade of hoe lank dit gaan vat om te herstel nie.

Intussen ly inwoners erg daaronder.

Lettie Muntingh, wie se seun Willie, ‘n kwadrupleeg, met behulp van ’n suurstofmasjien asem haal sê hulle word erg deur die kragonderbreking geraak.

Willie is verlam nadat hy as tienerjarige homself beseer het toe hy teen ’n swembad se bodem vasgeduik het.

Lettie sê Willie se toestelle kan nie sonder elektrisiteit funksioneer nie.

Die suurstofmasjien werk met elektrisiteit. Foto: Verskaf

 

“Sonder die elektrisiteit kan dit nie funksioneer nie. Ons gebruik as voorsorgmaatreël ’n kragopwekker maar kan nie bekostig om dit vir ewig aan te hou nie.

“Hy het hierdie mediese toestel 24 uur per dag nodig en dit is duur om die kragopwekker vir 24 per dag aan te hou.

Die suurstofmasjien wat Willie Muntingh help om asem te haal. Foto: Verskaf

“Dit is van die uiterste belang dat die elektrisiteitstoevoer so vinnig as moontlik herstel word. Ons word nie net deur die gebrek aan elektrisiteit verontrief nie. Mense se lewens hang daarvan af,” sê Lettie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button