Local newsNews

Volgens wet moet die volgende Plaaslike verkiesing in 2021 plaasvind – MIDVAAL HOOFSWEEP RAPPORT – No. 13

Hierdie plaaslike verkiesings se hoofdoel is dus om ʼn plaaslike regering in te stel vir munisipaliteite

In ‘n onlangse Hoofsweep Rapport het ons die verskil tussen Nasionaal & Provinsiaal Vs. Distrik en Plaaslike (Munisipale) verkiesings in Suid-Afrika onder die loep geneem. 

Volgens wet moet die volgende Plaaslike verkiesing in 2021 plaasvind.   Hierdie plaaslike verkiesings se hoofdoel is dus om ʼn plaaslike regering in te stel vir munisipaliteite.  Vir die rede kan slegs inwoners van die betrokke munisipaliteit vir hierdie kandidate stem.  Om die proses verder verteenwoordigend te maak word munisipaliteit in wyke verdeel met ongeveer dieselfde aantal kiesers en verskeie stemstasies word geskep om te verhoed dat kiesers in lang rye moet staan.  Hierdie stemstasies (VDs) moet dan seker maak dat hulle die inwoners in hulle onmiddellike omgewing registreer sodat daar oorsig kan plaasvind van wie in watter wyk stem. 

Registrasie is belangrik aangesien ons nie wil hê dat busse vol mense aangery word na ʼn wyk om die wyk vir ʼn spesifieke party te beklink en daardeur die wettige inwoners van daardie wyk se wense oorskadu nie.  Gevolglik word twee tot drie registrasienaweke gehou voor elke verkiesing om seker te maak dat die kiesersrol akkuraat saamgestel word.   Vir Nasionale verkiesings (soos in 2019) kan stemgeregtigdes dan by enige stemstasie in hulle provinsie stem aangesien die uitslag provinsiaal en nasionaal van aard is.  By plaaslike verkiesings moet kiesers egter by die SPESIFIEKE stemstasie waar hulle bly geregistreer wees en dan daar gaan stem. 

 

Geen kieser mag toegelaat word om by enige stasie te stem waar hy/sy nie geregistreer is nie en nie ʼn inwoner is nie.  In Midvaal Wyk 14 (Golf Park, Uitbreidings 3-6) is daar byvoorbeeld twee stemstasies: Destinata Skool en Hoërskool Dr.  Malan.  Die stemstasies word geskei deur ʼn VD-grens (sien www.elections.org.za) wat aandui by watter stasie inwoners van spesifieke strate in die wyk moet gaan registreer.   Dit is dus belangrik vir kiesers om seker te maak dat hulle op die regte plek geregistreer is en dat hulle die bewyse van hul registrasie in die vorm van ʼn stempel in hul ID boekie of dan die kwitansie in die geval van ID Kaart, sal hou. 

Daar is gereeld ongerymdhede en name wat onverklaarbaar van die Onafhanklike Verkiesingskommissie – OVK (IEC) se kiesersrol af verdwyn.  Met jou kwitansie as bewyse van jou registrasie moet hulle jou by die stasie soos op die kwitansie aangedui laat stem.   Kiesers kan dan ook by die OVK se plaaslike kantore in Mitchelstraat (langs die Speaker van Midvaal en Meyerton Kliniek) registreer, enige dag van die week, gedurende werksure.   Vir navrae oor jou registrasiestatus en jou stemstasie gaan na www.elections.org.za of sms jou id nommer na 32810.  

Registreer nou om te stem in die 2021 Plaaslike Verkiesing, dit is jou reg.  

Trotse Midvaal Groete  

Web: www.midvaal.gov.za

Facebook: Midvaal Local Municipality

en Midvaal News Network

Tel: 0861 643 8225

MyMidvaal App    

 

Foto: Raadsheer Phil Pretorius.

     

********************************************************************************************************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button