Local newsNewsNews

Oranjeville sukkel sonder krag en water

Ten spyte van al die betogings twee weke gelede, is die waterprobleme in Oranjeville nog nie aangespreek nie.

Daar was ‘n tyd wat Oranjeville langs die Vaaldam ‘n vissermansparadys was. Was. Verlede tyd.

Die dorp was weer van gistermiddag (28 Maart 2021) tot vanoggend (29 Maart 2021) sonder krag.

Wanneer daar nie krag is nie, is daar ook nie water nie. Word daar onthou om die waterpompe weer aan te skakel, is die water bruin en ondrinkbaar.

Oranjeville se vuil water

Van die inwoners ry weekliks Vanderbijlpark toe om water aan te koop. Baie inwoners is egter afhanklik van Sassa pensioene en kan dit nie bekostig om so ver te ry om kwater te koop nie.

Oranjeville is deel van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit en vir die inwoners voel dit asof hulle die vergete deel is.  Alle pogings tot samesprekings met die munisipaliteit, val op dowe ore.

Die dorp is afhanklik van toerisme, maar met die huidige verval in die dorp en die waterfront wat regtig sleg lyk, begin dit om na ‘n verlore stryd te lyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button