Peacehaven substasie vat vlam
'n Substasie in Peacehaven het glo aan die brand geraak nadat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit daaraan gewerk het.
VEREENIGING. – Die buurt van Peachaven is glo al sedert Donderdagnag sonder krag nadat kabels blykbaar gesteel is.
Volgens Tersia Venter, ‘n inwoner, skuld die munisipaliteit blykbaar die sekuriteitsmaatskappy wat die substasie moet oppas geld.

Die substasie het glo nie meer deure nie en kan ook nie gesluit word nie.
“Dit gee kriminele elemente vrye toegang tot die substasie,” meen Venter.

Die brandweer is op die toneel.
Na verneem word het die brand groot skade aan die substasie aangerig.
Die buurt word gereeld deur kragonderbrekings getref. Inwoners van Peacehaven het verlede jaar betoog weens kragonderbrekenings wat soms vir dae lank duur.

Kyk video hier:
