Local newsNewsNews

Eureka Gholfdag was ‘n pret dag

Eureka Skool het 'n suksesvolle gholfdag aangebied, waar daar nie net fondse vir die skool ingesamel is nie, maar almal ook baie pret gehad het.

VAALPARK. – Daar was groot bedrywigheid en baie pret by Heron Banks Gholfbaan tydens die Eureka Skool Gholfdag op Woensdag, 24 Maart 2021. Die dag word jaarliks aangebied as een van die skool se grootste fondsinsamelingsprojekte.

Die replika van die Heron Banks Golfbaan se ingang is deur Eureka skool se erg gestremde klassie onder leiding van Mnr. Thabo uit herwinde materiale gemaak.

Hierdie jaar het 108 spelers deelgeneem in spanne van vier, met verskeie besighede wat weer putjies, spanne en geskenke geborg het.

Anna-Marie Strydom, die skool se skakelbeampte, het gesê niemand het met leë hande huis toe gegaan nie, daar was ‘n geskenk of prys vir elke speler. “Dankie aan Century21, Daisy Business Solutions, Fastway Couriers en SG Convenience wat putjies geborg het en aan elke ander besigheid wat gehelp het met die geskenke.”

Eureka Skool het putjie 10 beman waar die spelers die geleentheid gehad het om aan die “marsmellow drive” deel te neem. Dit het behels dat hulle ‘n stukkie “pool noodle” so ver as moontlik moes slaan. Die probeerslae het vir baie lag gesorg.

Die dag is afgesluit met ‘n ete, prysuitdeling en veiling. Hierdie jaar is daar ‘n wit en blou tafeldoek, ‘n braaier, ‘n jas kapstok, twee tafeltjies met mosaïek blaaie en ‘n replika van Heron Banks se ingang opgeveil. Al die items is deur die leerlinge van Eureka Skool gemaak.

Anna-Marie sê die Heron Banks ingang is van herwinde items, waaronder stukkies staal en hout, gemaak deur Eureka se erg gestremde klassie onder leiding van Mnr. Thabo. Die kunswerk het so ‘n goeie indruk gemaak, dat die mense van Heron Banks seker gemaak het hulle kon dit self koop.

“Dit was regtig ‘n lekker pret dag en ‘n groot sukses. Die dag was moontlik gemaak deur ‘n klomp mense wat saamgewerk het,” het Anna-Marie gesê. “Ons was verlede jaar ook baie gelukkig, want ons kon die dag hou vlak voordat die grendelstaat aangekondig is. Die fondse word gebruik om onder andere van die behoeftige kinders in die skool van kos en klere te voorsien.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button