Local newsNationalNewsNews

Frustrasie oor swak dienslewering borrel oor in Peacehaven

Inwoners van Peacehaven het laat Dinsdagmiddag Generaal Hertzogweg met brande bande, glasstukke, klippe en rommel versper.

VEREENIGING. – Inwoners van die buurt is sedert Donderdag 25 Maart sonder elektrisiteit en Maandag het ‘n transformator boonop by ‘n substasie ontplof.

Die substasie wat afgebrand het. Foto: Verskaf

“Die frustrasie loop verskriklik hoog aangesien dit die hoeveelste keer is hierdie jaar wat ons met kragprobleme sit,” sê Tersia Venter, ‘n inwoner.

Inwoners versper Generaal Hertzogweg met brandende bande. Foto: Christiaan Cloete

“Ons kry ook nie antwoorde by die munisipaliteit nie. Ek sit juis en wag om te hoor om uit te vind wat Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se plan van aksie gaan wees.”

“Ons soek volle deursigtigheid.”

“Ons wil weet wanneer hulle die verkrygingsproses gaan begin, wanneer hulle gaan kom skoonmaak, wanneer gaan hulle die kabels vervang, wat gaan hulle hele proses wees” sê sy.

Oor die protesoptede sê sy: “Baie mense gaan hulle bekke rek maar dit is ongelukkig die enigste taal wat ELM verstaan.”

Inwoners is briesend vir die munisipaliteit.

Motoriste moes omdraai en ‘n ander pad vind. Foto: Christiaan Cloete

Vusi Mlangeni, ‘n inwoner vertel: “Dit gaan eintlik oor swak dienslewering in geheel. 

Ons het al met die munisipaliteit gepraat, met die raadslid gepraat en niemand het geluister nie. Die situasie is erg.

“Daar is mense wat elektrisiteit nodig.”

Volgens Mlangeni kan die protesoptrede tot Vrydag toe duur.      

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button