Local newsNews

Kyk: Triptiek-wag sterf tragies in roof

VANDERBIJLPARK. – Lerato Siyoko,’n 23-jarige sekuriteitswag van Afri-Guard Security , het vanoggend tragies gesterf toe hy drie verdagtes by die Triptiek Slaghuis in CW6 probeer aankeer het. Die drie verdagtes het met ‘n gesteelde bankkaart probeer vleis koop, waarna die kassier Elaine Roth alarm gemaak het. Die wag het die verdagtes probeer aankeer en is …

VANDERBIJLPARK. – Lerato Siyoko,’n 23-jarige sekuriteitswag van Afri-Guard Security , het vanoggend tragies gesterf toe hy drie verdagtes by die Triptiek Slaghuis in CW6 probeer aankeer het.

Lerato Siyoko wat vanoggend net na 07:00 tragies in ‘n mislukte rooftog gesterf het.

Die drie verdagtes het met ‘n gesteelde bankkaart probeer vleis koop, waarna die kassier Elaine Roth alarm gemaak het. Die wag het die verdagtes probeer aankeer en is in die proses glo met ‘n mes gesteek. Hy het die verdagtes agternagesit en hy is deur ‘n voertuig voor die slaghuis raakgery. Die verdagtes het met ‘n ander voertuig weggejaag.

 

Die liggaam van die ontslapte Lerato Siyoko lê toegegooi op die ongelukstoneel. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Kyk wat het volgens ooggetuies gebeur

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button