Local newsMotoringNationalNewsNews

Motorfietsryer dood, verloofde ernstig in ongeluk beseer

'n Motorfietsryer van die Silent Soldiers-motorfietsklub is dood en sy verloofde in die hospitaal opgeneem nadat hulle Woensdagmiddag in 'n hoëspoedongeluk in Generaal Hertzogweg in Peacehaven betrokke was.

VEREENIGING. – Omstanders beweer dat Hennie Henning (34) met sy motorfiets in Drie Riviere se rigting onderweg was toe ‘n bakkie voor hulle ingery het.

Hennie Henning (34) van die Silent Soldiers-motorfietsklub. Foto: Facebook

Henning se verloofde, Aluska Brits (30), het agterop gesit ten tye van die ongeluk.

Hennie Henning (34) en sy verloofde Aluska Brits (30). Foto: Facebook

Die motorfiets het die bakkie se agterkant gestamp en die motorfiets het ongeveer ‘n 100 meter van die toneel tot stilstand gekom.

Die motorfiets het die bakkie aan die agterkant getref. Foto: Christiaan Cloete

Hennie het glo sy bewussyn verloor. 

Hy is na die Sebokeng-hospitaal geneem.

Die ER24 ambulansdiens het intussen bevestig dat Hennie oorlede is.

“Nadat hulle behandel is is die vrou per helikopter na ‘n hospitaal geneem, terwyl die man per ambulans na Sebokeng-hospitaal vervoer is.

“Ongelukkig het die man met sy aankoms in die hospitaal aan sy beserings beswyk,” lui die verklaring.

Aluska kon glo nog met omstanders op die toneel praat.

Johan Fuhri, ‘n familielid van een van die beseerdes, op die ongelukstoneel. Foto: Christiaan Cloete

Die pad is tans gesluit. Polisie is op die toneel.

Die ongelukstoneel is naby die ou Maximes Hotel, by dieselfde plek waar inwoners gisteraand oor die kragsituasie in Peacehaven betoog en die pad met brandende bande versper het.

Die ongelukstoneel in Peacehaven. Foto: Christiaan Cloete

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button