Local newsNationalNewsNews

Polisieteenwoordigheid op R59

Daar was vroeër vandag 'n groot polisieteenwoordigheid op die R59 langs Leeuhof.

VEREENIGING. – Die polisie het in ‘n verklaring gesê drie mans wat ‘n afleweringswa gekaap het is by Vereeniging in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, is die arrestasie onder leiding van Gauteng se ernstige en geweldmisdaadspan uitgevoer in reaksie op die vlaag kapings en afleringswa-rooftogte en kapings in die provinsie.

Die polisie het op inligting gereageer wat hulle na Vereeniging gelei het. Die verdagte voertuig is opgemerk en agtervolg,” vertel Makhubela,

Die konfrontasie het glo tot ‘n oor en weer skietery tussen die verdagtes en die polisie gelei.

Daar was ‘n skietery tussen die polisie en die verdagtes. Foto: SAPS

 

Die polisie kon die verdagtes in hegtenis neem sonder dat iemand ernstig beseer is.

Volgens Makhubela het die polisie op drie ongelisensieërde vuurwapens beslag gelê.

Die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: SAPS
Die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: SAPS

 

Na verdere ondersoek blyk dit of die voertuig in Januarie in Moffatview as gesteel aangemeld is.

Die verdagtes se ouderdomme is onderskeidelik 33, 31 en 30. Hulle sal van poging tot moord, die besit van ongelisensieërde vuurwapens en ‘n gekaapte voertuig, asook roekelose en nalatige bestuur aangekla word.

Die polisie is besig om hul misdaadgeskiedenis na te gaan terwyl die vuurwapens waarop beslag gelê is vir ballistiese toetse sal gaan.

Die ondersoek duur voort.

Die polisie het ‘n beroep om die publiek gedoen om die polisie met inligting te help indien hulle van misdaad bewus is. Inligting word vertroulik hanteer.

Mense kan die polisie se misdaadnommer by 08600 10111 skakel of die polisie se app gebruik om misdaad aan te meld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button