Local newsNationalNewsNews

‘Kontrakteurs wat infrastruktuur beskadig moet betaal’ – VF+

Die Vryheidsfront Plus wil kontrakteurs wat optiese veselkabels installeer, verplig om die skade wat hulle aanrig het te betaal.

VEREENIGING. – Die Vryheidsfront Plus sê hy dring daarop aan dat die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) kontrakteurs wat optiese veselkabels installeer, verplig om die skade wat hulle aanrig aan sypaadjies en infrastruktuur soos waterpype en kragkabels, op eie koste te herstel.

Kontrakteurs het al baie skade aangerig. Foto: Verskaf

Volgens Christo Smith, ’n VF Plus-raadslid by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, het die party verskeie klagtes van huiseienaars ontvang van kontrakteurs wat waterpype en kragkabels beskadig tydens die grawe van slote vir die aanlê van optiese veselkabels.  

“Baie van die kontrakteurs herstel nie die skade nie en veroorsaak dat water deur die plaveisel lek. “In ander gevalle versuim die kontrakteurs om die slote behoorlik toe te gooi en plaveisel en gras terug te plaas op die sypaadjies,” sê Smith in die verklaring. Smith sê die VF Plus is ʼn voorstander van tegnologiese ontwikkeling, maar kontrakteurs kan nie toegelaat word om die reeds sukkelende munisipaliteit onder verdere finansiële druk te plaas nie.

VF Plus-raadslid Christo Smith. Foto: Verskaf

“Alhoewel die munisipaliteit nie die kontrakteurs kan verbied om die optiese veselkabels te lê nie, kan die munisipaliteit hulle wel verplig om toe te sien dat die omgewing skoon agtergelaat word en dat alle skade aan infrastruktuur herstel word. “Die VF Plus het reeds die munisipaliteit genader en het aanbeveel dat alle veseloptiese diensverskaffers gedwing word om van die dienste van geregistreerde siviele ingenieurs (konsultante) gebruik te maak om toesig te hou oor die ontwerp, implementering en finale inspeksie van die werk,” sê Smith. Die party moedig ook inwoners aan om probleme aan te meld by die munisipaliteit om die klagtes te ondersoek en, waar nodig, die diensverskaffer opdrag te gee om die situasie op eie koste reg te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button