Local newsNewsNews

“Dankie mediese werkers” – Vaalpark Primêr

Vaalpark Primêr se leerlinge toon hul waardering aan gesondheidswerkers met bederfpakkies.

By die Vaalpark Primêre Skool word die kinders gereeld betrek by gemeenskapsprojekte. Die afgelope paar weke het die kinders in klasverband bederfpakkies vir die area se mediese werkers opgemaak.

Die pakkies wat uitgedeel is.

By elke pakkie is daar ook dankie-briefies of tekeninge wat deur die leerlinge self gedoen is gevoeg, asook ‘n magneet met ‘n Bybelversie. Elke pakkie is verseël in ‘n “zip-lock” sakkie en is toe deur die skool se skakelbeampte, Charmaine Kriek gaan uitdeel by apteke en hospitale in Sasolburg, Vaalpark en Vanderbijlpark.

Personeel van Ampath by Emfuleni Mediclinic saam met Charmaine Kriek van Vaalpark Primêr.

“Ons het regtig probeer om die mense te bereik wat in die Covid-sale werk, asook apteek personeel. Daar is baie aptekers wat nog die heeltyd werk vandat die Covid-pandemie uitgebreek het”, het Charmaine gesê. Almal wat die pakkies ontvang het was baie verras en het die gebaar baie waardeer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button