Local newsNewsNews

Elke hond, ek bedoel, lam kry sy dag

En toe kry die hanslam ook 'n bad in dié spa op wiele ...

Irene Britz van Vanderbijlpark weet hoe om honde te bederf. Haar hondespa op wiele is bekend as Die Vlooi & Bosluis Taxi. Gewoonlik word slegs honde in die aangepaste sleepwaentjies gewas en versorg, maar hulle sê mos daar is ‘n eerste keer vir alles.

Irene en Cloud na sy bad

Op Dinsdag, 30 Maart 2021 was dit Cloud se beurt vir ‘n bad. Cloud is Caprice Dupper se hanslam en hy is nou vier maande oud. Irene sê toe hulle haar vra of sy die lam kan bad, het sy bietjie gewonder, maar eers gaan nalees op Google alvorens sy die proses aangedurf het.

Gelukkig was Cloud, met permissie gesê, so mak soos ‘n lammetjie en het die badslag goed afgeloop. Cloud is nou weer spierwit en sag en sien uit na sy volgende spadag. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button