Local newsNewsNews

Natuur roep, fotograwe luister

Die natuur en buitelewe bied 'n skatkis van foto-geleenthede en vandag se versameling kan dit staaf!

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.

Die 41ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 7 April. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

George Stevens van Vereeniging het die treffende foto van ‘n luiperd geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Ina Herselman van Sasolburg het die mooi foto by die Bongani Mabaso EcoPark in Vaalpark geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.
Jenny Botes van Vanderbijlpark het die mooi foto met vakansie in Port Elizabeth geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het ‘n voorliefde vir die natuur en het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Magda Vermeulen van Vereeniging het die pragtige foto geneem.
John van Schalkwyk van George het die mooi foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto by die Rietvlei-natuurreservaat geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto geneem.
Liezel Senekal van Vereeniging het die pragtige foto in Deneyseville geneem.
Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto in Margate geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi natuurfoto in Penang geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskap foto op Riversong-plaas geneem.
Carla Jooste van Vanderbijlpark het die mooi oto by die EcoPark in Vaalpark geneem.
Carla Pretorius (oud-Valie en voormalige joernalis van Vaalweekblad) wat nou in Kanada woon het die pragtige foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto by die Rietvlei-natuurreservaat geneem.
Elfriede Human van Parys het die pragtige foto geneem.
Sarina Small van Meyerton het die mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button