Local newsNationalNewsNews
Sanger haak die knoop deur
Die sanger Juan Boucher, 'n boorling van Vereeniging, het onlangs die knoop met sy liefde van die afgelope 14 maande deurgehaak.
Juan en Shamodene Niemann is op 24 Maart in Modimolle (voorheen Nylstroom) by die Kuthaba Bush Lodge in die eg verbind.

Die tweetjies het mekaar glo so rapsie meer as ‘n jaar gelede op ‘n passasierskip in Tafelbaai ontmoet.

Die donkerkopmeisie het hom glo gevra om vir haar sy liedjie “Ons word een” te sing op die dag wat sy trou.

Juan het toe ingestem om dit te doen, maar net op die dag wat sy met hom trou.
*Luister na Juan Boucher se treffer “Ons word een” hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
