Local newsNewsNews

Ouma Lillian van Meyerton vier 102e verjaarsdag

MEYERTON. - Nog 'n jaar is verby en dit gaan nog goed met Hibiscus-tehuis se outste inwoner, ouma Lillian Lane, wat op 3 April haar 102e verjaarsdag gevier het. Sy is waarskynlik Midvaal en die Vaal se oudste inwoner ook.

Ouma Lillian is sowat twee jaar ‘n inwoner by die tehuis. “Sy is die oudste oumatjie waarna ek nog moes omsien,” sê Natasha van der Merwe van Hibiscus.

Ouma Lillian is half blind en half doof, maar  kan nog loop. Sy het ook reeds verskeie operasies in haar lewe agter die blad, maar sy het telkens goed herstel. Ouma Lillian is baie lief vir honde (haar hond se naam is Stormy), asook vir eet en sy geniet haar tee.

Natasha het al voorheen probeer om meer oor ouma Lillian se lewenstog uit te vind, maar kon nie baie inligting by die familie kry nie. Daar is wel uitgevind dat ouma Lillian in die Kaap gebore is en ook daar haar skoolloopbaan voltooi het.

Sy het na skool liefde gevind en was in die eg verbind, maar haar man is vermoedelik op jong ouderdom aan longontsteking oorlede. Sy was gelukkig om weer liefde te vind.

Sy is weer getroud en die egpaar het hulle in die destydse Natal gevestig tydens die oorlog. Na die oorlog het die Kaap geroep en die egpaar het soontoe getrek. Daar het sy in ‘n bakkery gewerk. Die egpaar het ‘n seun gehad.

Daar is nie sekerheid wanneer ouma Lillian se tweede man oorlede is nie, maar haar seun is ook later jare, net soos haar eerste man aan longontsteking oorlede. Ouma Lillian het by familie in Gauteng gebly voordat sy uiteindelik ‘n inwoner van Hibiscus geword het.

 

Daar is beslis baie meer wat mens graag oor ouma Lillian sal wil weet, maar dit is ongelukkig waar die inligting opdroog.

Ouma Lillian Lane (102) is die Hibiscus-tehuis in Meyerton se oudste inwoner.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button