Local newsNationalNews

Peacehaven: Inwoners nou al twee weke sonder krag

Dit is vandag (Donderdag 8 April) 'n volle twee weke sedert Peacehaven sonder krag gelaat is.

VEREENIGING. – Die buurt is op 26 Maart in donkerte gedompel weens ‘n kragonderbreking.

Dit is vandag 14 kalenderdae sedert Peacehaven se krag afgegaan het. Foto: Christiaan Cloete

Die kragprobleme is vererger toe ‘n transformator op 29 Maart by ‘n substasie ontplof en ‘n brand skade aangerig het.

Die brand het skade aangerig. Foto: Facebook

Die situasie het tot protesoptrede gelei waartydens inwoners besige paaie soos Generaal Hertzogweg en Golfweg met brandende bande, takke, klippe en glasskerwe versper het.

Frustrasie borrel in Peacehaven oor oor swak dienslewering. Foto: Christiaan Cloete
Padversperrings in Golfweg naby die NG Gemeente Peacehaven. Foto: Christiaan Cloete

Dit het ook tot verkeersopeenhopings in Vereeniging gelei namate inwoners gedwing is om Houtkopweg te gebruik.

Dit is nie die eerste keer wat Peacehaven se mense oor krag betoog nie. Foto: Christiaan Cloete

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit kon nog nie sê presies wanneer die kragtoevoer herstel sal word nie.

Dit is nie bekend wanneer kragtoevoer herstel sal word nie. Foto: Facebook

Volgens die laaste amptelike verklaring wat deur die munisipaliteit se kommunikasieafdeling uigereik is was hulle besig om die omvang van die skade te bepaal.

Intussen is inwoners se Paasnaweek, sowel as hul kos, bederf.

Oues en gestremdes se mediese toestelle kan nie sonder elektrisiteit werk nie.

Willie Muntingh, ‘n kwadrupleeg wat met behulp van ‘n suurstofmasjien asem haal, is een van talle inwoners wat swaar gebuk gaan onder die kragonderbreking. Foto: Facebook

Dit het glo ook tot verswakte selfoonopvangs gelei en talle inwoners kan nie ‘n inkomste sonder elektrisiteit genereer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button