Local newsNewsNews

Mnr. Jannie se vrolike verjaarsdag

Vaalpark Primêr sê dankie en geluk aan hul waarnemende hoof op 'n besonderse wyse.

Vaalpark Primêre Skool het hul waarnemende hoof, Jannie Erasmus se verjaardag op 30 Maart behoorlik gevier. Jannie het die afgelope tyd as hoof en adjunkhoof waargeneem, nadat die skoolhoof, Karin Baker ‘n paar maande gelede met kanker gediagnoseer is.

Dit is voorwaar baie pligte en verantwoordelikheid op een man se skouers, maar die ratte by die skool loop steeds seepglad. Juis om dankie te sê en hul waardering te toon vir al sy harde werk, het die skool, onder leiding van hul skakelbeampte, Charmaine Kriek, besluit om Jannie se verjaardag op 30 Maart ekstra spesiaal te maak.

Hulle is self nie heeltemal seker hoe hulle dit vir hom geheim gehou het nie, maar hulle het. “Ons moes kreatief dink, want die Covid-19 regulasies maak dinge moeilik,” het Charmaine gesê.

Die skool het ‘n goeie verhouding met die Spur in Vanderbijlpark en aangesien die restaurant die onderwysers met hamburgers wou bederf, het Charmaine op ‘n “Cowboys & Indians” tema vir die dag besluit.

Die leerlinge het op 30 Maart almal volgens die tema aangetrek. Elke klas het ook vooraf die restaurantgroep se bekende verjaardagliedjie ingeoefen.

Lize van den Heever (Gr. 4) gereed vir die “Cowboys & Indians” dag by Vaalpark Primêr.

Op Jannie se verjaardag het elke klas die liedjie gesing. Dit is opgeneem en per WhatsApp na Jannie se foon gestuur. Die prefekte het hom ook verras met muffins en ballonne.

Intussen het Charmaine gesorg dat die saal volgens die tema opgemaak word. Na skool het die personeel in die saal bymekaargekom vir koeldrank en hamburgers.

‘n Aangedane Jannie het gesê: “‘n Dag soos vandag … dan besef jy wat het jy en hoe bevoorreg ons is. Dit is lekker. Dit is lekker om te sien daar is mense wat nog omgee en dat ons ‘n pad kan stap met mekaar.”

‘n Gedeelte van die saal met die mooi versierings

Jannie Erasmus is vanaf 1 April amptelik as adjunkhoof aangestel nadat hy sedert 2020 in die posisie waargeneem het. Hy het in 2009 by Vaalpark Primêr begin skoolhou en was vir lank die departementshoof: sosiale wetenskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button