Valies presteer by Atletiek Kampioenskappe in Paarl
Groot opwinding by atletiek kampioenskappe in die Paarl.
Die TWIZZA ASA SA Atletiek Kampioenskappe vir 0.16 – 0.20s sorg vir groot opwinding by die Dal Josephat sportsgronde in die Paarl. Dis dag 3 van die vier-dag kampioenskappe en Atletiek Vaaldriehoek se atlete het al verskeie prestasies ingeryg.
Onder die eerste plekke so ver was daar Edric Wenhold wat die o.20 hoogspring vir mans gewen het met ‘n hoogte van 2.05 m. Marli Dimond het die o.16 dogters 800m gewen in ‘n tyd van 2:13:02 en Ansume de Beer het ‘n eerste plek in die paalspring vir dogters 0.16 behaal met ‘n hoogte van 3.2m.

Renier de Villiers het ook goud verwerf in die 800 m vir mans o.20 met ‘n tyd van 1:48:66. Renier se Vaaldriehoek spanmaat, Henre van Schalkwyk het ‘n vyfde plek in dieselde item behaal.

Julienne Strydom het brons in die driesprong vir dogters o.18 verower met haar sprong van 11.43m. Aiden Jacobs het op sy beurt ‘n vierde plek in die finaal van die 300 m hekkies vir seuns o.16 los gehardloop. Marco Pretorius het ook ‘n vierde plek in die diskus vir seuns o.18 behaal.

Saterdag, 10 April is die finale dag van die kampioenskappe en ons wens al die Vaaldriek atlete wat nog gaan deelneem sterkte toe. Een van hulle is Zandré du Plessis van die Hoërskool Driehoek. Sy het deurgedring na die dogters 0.16 200m semi-finaal wat om 09:40 plaasvind. Haar ma, Tersia du Plessis, het laat weet hul senuwees is klaar en hulle hou styf duimvas vir haar. Zandré het ook deurgedring na die 100 m finaal waar sy 8ste geëindig het.
