Local newsNationalNewsNews

Wit strik en muur om dankie te sê aan gesondheidswerkers

Inwoners van Drie Riviere het moontlik gemerk dat daar nou 'n “muur” met die woorde “baie dankie” en 'n groot wit strik voor die ingang van die Midvaal Privaat Hospitaal is.

VEREENIGING. – Hierdie Dankie-Muur en #Witstrik is op Woensdag 7 April deur Solidariteit en Midvaal Privaat Hospitaal as ‘n baken van hoop opgerig om dankie te sê aan elke gesondheidswerker wat baie opofferings maak om teen die Covid-19 pandemie te veg.

André Joubert, die bestuurder van die Midvaal Privaat Hospitaal, skryf ‘n boodskap van dank en bemoediging aan hospitaalpersoneel. Foto: Christiaan Cloete

Solidariteit nooi die gemeenskap uit om ook hul boodskappe van dank en hoop op die dankie-muur by Midvaal Privaat Hospitaal te kom skryf.

Die span van Solidariteit saam met André Joubert, bestuurder van die Midvaal Privaat Hospitaal, by die onthulling van die #Witstrik. Van links is Henru Krüger (Gildesektorhoof: Professioneel), Henco Breytenbach (Organiseerder: Mediese Bedryf), Johan Botha (Adjunkhoofsekretaris: Professioneel), Nadia Coetzee (Organiseerder: Mediese Bedryf), Riaan Visser (Adjunkhoofskretaris: Mynbou en Landbou), André Joubert (Hospitaalbestuurder: Midvaal Privaat Hospitaal) en Peirru Marx (Sektorkoördineerder: Mediese Bedryf). Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button