Bejaardes en familie neem aan pretstap deel
Inwoners van Palms Aftree Oord (Fase 1) in Drie Riviere het op Saterdag 10 April aan 'n pretstap deelgeneem.
VEREENIGING. – Na meer as ‘n jaar van die Covid-19-pandemie en streng inperkingsmaatreëls het die inwoners dit vir ‘n slag buite gewaag en sosiaal verkeer.
Eugene van Wyk, ondervoorsitter en tessourier van Palms Aftree Oord (Fase 1) sê: “Ons het besluit ons moet ‘n pretloop hou want dit is nou al ‘n jaar wat ons vasgekeer is binnekant wat ons omtrent onder huisarres is.”

“Ons wou die mense uit kry dat hulle ‘n slag weer in die son kom en mekaar kan sien.”

“Hier het heelwat nuwe mense ingetrek en niemand ken vir niemand nie.”
“Dit is maar soos ‘n ken-mekaar-dag (waar almal mekaar kan leer ken) en ou inwoners weer ou vriendskappe weer kan optel,” vertel hy.
