Local newsNewsNews

Lekker groot foto-versameling

Danksy die pragtige foto's wat ontvang is, kan Vaalweekblad vandag nog 'n lekker groot foto-versameling deel.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.

Die 41ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 7 April, verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Ina Herselman van Sasolburg het die mooi foto in Pretoria geneem.
George Stevens van Vereeniging het die mooi lanskapfoto van die Hottentots Hollandberge by Somerset Wes geneem.
“Lost World” – Jacques le Roux (Omega Photography) van Heidelberg, een van die professionele fotograwe op die blad, het die kunstige monochroom foto geneem.
Jan Putter van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
John van Schalkwyk van George het die kunstige foto geneem.
June Bartlett van George het die pragtige troufoto geneem. June doen spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad JDL Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Liezel Senekal van Vereeniging het die pragtige foto in Deneyseville geneem.
Lizette Khun van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto in Pelgrimsrus geneem.
Magda Vermeulen van Vereeniging het die mooi weerkaatsing op die Vaalrivier vasgevang.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpar het die mooi foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi landskap foto geneem.
Stephanie Strydom van Vanderbijlpark het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto in Margate geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
“Putuo Village” – Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto op Riversong-plaas geneem.
“Trompie” – Carla Jooste van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto by Mabalingwe geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Elfriede Human van Parys het die mooi foto geneem.
Jenny Botes van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button