Local newsNewsNews
Midvaal se Ouma Lillian (102) sterf skielik
MEYERTON. - Vaalweekblad is die hartseer nuus meegedeel dat ouma Lillian Lane, wat op 3 April haar 102e verjaarsdag gevier het, skielik gistermiddag (9 April) oorlede is.
Vaalweekblad het skaars ‘n dag tevore berig oor dié mylpaal wat Ouma Lillian behaal het. Gelukwense het steeds op Vaalweeblad se Facebook ingestroom toe die slegte nuus oor haar afsterwe ontvang is.
Ouma Lillian was Hibiscus-tehuis in Midvaal se outste inwoner, waarskynlik die hele Midvaal en die Vaal se oudste inwoner ook.
Daar is nog nie terugvoer gegee oor wat die oorsaak van haar dood was nie.
- Die volledige berig oor ouma Lillian, wat bietjie meer agtergrond oor haar bied, is op Vaalweekblad se webtuiste beskikbaar – (Ouma Lillian van Meyerton vier 102e verjaarsdag).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
