Local newsNewsNews

AfriForum Sasolburg sny 48,5 ha gras in Maart

Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Maart altesaam 48,5 ha gras op die dorp gesny en ’n gebied van 5,5 ha skoongemaak – ’n projek wat ’n groot verskil in die dorp gemaak het.

Sommige van die gebiede waar gras gesny en opgeruim is, is onder meer die Tharina-sentrum, die Wildkamp by Waterkant en Da Gama, Mosega, Magersfontein, De Wild, Nuwekloof en die groenstrook by Mia’s Place.

Die AfriForum-buurtwag in Sasolburg is boonop aktief en het aan gereelde oorgrenspatrollies asook aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem. Twee buurtwaglede het opleiding ontvang en sal nou hul kennis plaaslik kan toepas.

Volgens Johan Cooks, die voorsitter van AfriForum se Sasolburg-tak, is dit verblydend dat al hoe meer lede van die gemeenskap bereid is om betrokke te raak by die tak se projekte.

“Stadig maar seker begin die gemeenskap besef dat selfdoen die enigste blywende oplossing is. Op hierdie manier sal Sasolburg weer die mooi dorp kan word wat dit was,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

André Vallentgoed, leier van AfriForum se Sasolburg-buurtwag, vra die gemeenskap om aan te sluit by die buurtwag sodat meer patrollies gery kan word. Skakel hom by 072 084 5641 indien jy belangstel.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 31481 (R1).

Voor
Na

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button