Local newsMotoringNationalNewsNews

Man oorlede ná ongeluk met vragmotor

'n Man wat Saterdagmiddag in 'n ongeluk met 'n vragmotor in Blackwoodstraat betrokke was het glo vanoggend omstreeks 10:00 aan beserings beswyk.

VEREENIGING. – Die swaargelaaide vragmotor het glo probeer uitswaai en in die erf van ‘n huis in dienslaning langs Blackwoodstraat beland.

Die vragmotor het teen ‘n boom in die tuin van Geoffrey en Sharon Dunn tot stilstand gekom en aan die brand geslaan.

Die ongeluk het Satermiddag kort na 15:00 gebeur. Volgens ‘n verklaring deur die ER24 ambulansdiens is die man ernstig in die ongeluk beseer.

Sean Bartman (52) is die volgende dag dood. Foto: Verskaf

Nooddienswerkers moes die dak van die voertuig afsny om hom uit die wrak te bevry. Hy is na die Sebokeng Provinsiale Hospitaal geneem maar het die volgende dag aan beserings beswyk.

Die voertuig se dak moes afgesny word om die bestuurder uit die wrak te bevry. Hy is die volgende dag oorlede. Foto: Verskaf

Die vragmotorbestuurder het slegs geringe beserings opgedoen. Hy het glo vir die ligte voertuig probeer uitswaai en het toe beheer oor die vragmotor verloor.

‘n Werknemer van KwaMhlanga, die konstruksiemaatskappy aan wie die vragmotor behoort, het ‘n beroep op motorisite gedoen om gehoor te gee aan padtekens en nie meer as 40km/h in die konstruksie-sone te ry nie. Die pad is tans onder konstruksie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button