Local newsNewsNews

Lumiére Primêr spog met eie koerant – Die/The Lumielander

Die media prefekte van die Primêre Skool Lumiére is 'n vindingryke en kreatiewe span wat nou ook 'n skoolkoerant uitgee.

Die media prefekte van die Primêre Skool Lumiére in Vaalpark het die jaar op ‘n kreatiewe wyse afgeskop. Weens die Covid-19 regulasies mag die leerlinge nie op hierdie stadium van die skool se biblioteek gebruik maak nie.

Die groepie leerders, onder leiding van mnr. Heino Keyser, het besluit om nie op hul louere te rus nie. As media prefekte wou hul steeds iets vir die skool doen. Volgens Heino het Lischia-Lee Huysamen eerste met die idee vorendag gekom om ‘n skoolkoerant te begin.

Die res van die span was dadelik gewillig om die projek aan te pak en op 26 Februarie het die eerste uitgawe van Die/The Lumielander aanlyn verskyn.

Die voorblad van die tweede uitgawe van Die/The Lumielander.

Dit het iets vir almal gehad om te lees, van ‘n boodskap deur die waarnemende hoof, mnr. Lihan Kriel en ‘n in-diepte onderhoud met een van die onderwyseresse tot by die begin van ‘n vervolgverhaal, Mielie se dorp stories.

Die vervolgverhaal word in elke uitgawe deur ‘n ander graad voortgesit, wat beteken niemand het ‘n idee wat gaan volgende gebeur nie. Die tweede uitgawe van Die/The Lumielander het selfs vir meer opwinding gesorg. Die koerant word nou deur South East Boulevard – PostNet geborg en kan daarom in gedrukte vorm uitgegee word.

Die tweede uitgawe het op 12 Maart verskyn en die keer was daar naas die bekendstelling van nog ‘n onderwyseres, ook onderhoude met twee prefekte, ‘n blokkiesraaisel en ‘n spesiale blad vir die Gr. 1’s. Twee van die Gr. 7-seuns het ook begin om ‘n regte “comic strip” vir elke uitgawe te teken.

Lischia-Lee Huysamen het met die idee van ‘n skoolkoerant vorendag gekom.

“Ons is dankbaar dat die leerlinge die inisiatief geneem het en soveel kreatiwiteit toon. Dankie ook aan ons borg. Ons waardeer hul ondersteuning. Die/The Lumielander verskyn elke tweede week en word by die skool verkoop,” het Heino trots laat weet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button