Local newsNewsNews

Netjies toegedraai vir Mnr!

Kleefplastiek net waar jy kyk ... 'n hele bakkie toegedraai daarin.

VAALPARK. – Normaalweg moet mens nie tussen ‘n Suid-Afrikaner en sy bakkie kom nie, maar gelukkig vir twee onnutsige matrikulante van die Hoërskool Vaalpark het hul skoolhoof, Etienne Engelbrecht ‘n sin vir humor.

Die twee het so ewe op Vrydag, 9 April 2021, die hoof se bakkie van hoek tot kant toegedraai in kleefplastiek. Daar was selfs ‘n nota by. Dit het gelui: “Manneer (sic)  moet ‘n lekker naweek hê van Jayden Fourie + RCL. HA HA HA”.

Etienne het maar net geglimlag en so ewe saam met die twee gestaan vir ‘n foto. Hopelik het hulle gehelp om weer van die klewerigheid ontslae te raak!

Die skoolhoof saam met die twee matrikulante wat die poets gebak het.

Die petalje is op die skool se facebookblad gedeel onder die opskrif: “Een van die oulikste Matriekgroepe ooit! Matrix 2021 you rock!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button