Local newsNationalNews

Duisende liters water vermors weens traagheid om lekkasies te herstel

Inwoners van Arconpark en Sonlandpark kla oor verskeie waterlekke in die omgewing wat reeds aan Metsi-a-Lekoa gerapporteer is maar eenvoudig nie reggemaak word nie.

VEREENIGING. – Tony Blom van Prunusstraat in Arconpark vertel dat ‘n maatskappy wat veseloptiese kabel aanlê vermoedelik in Maart verledejaar ‘n waterpyp voor sy erf beskadig het.

Hy het gesien dat die pyp beskadig is en die maatskappy in kennis gestel.

Toe ek die middag by die huis kom was die gat reeds toegegooi, so ons kon nie sien of die gat wel herstel is of nie,” vertel hy.

Met tyd het die water begin opstoot. Dit loop nou al vir drie weke so,” vertel hy terwyl hy na die waterstroompie wys wat uit sy erf stroom.

Water wat al vir maande lank lek dam op in ‘n straat in Sonlandpark. Foto: Christiaan Cloete

Blom sê hy het die lek op 23 Maart 2021 om 10:20 gerapporteer en wag nou nog dat dit reggemaak word.

Daar is ook talle ander lekkasies in die buurte van Arconpark en Sonlandpark wat al vir maande lank onverpoosd stroom sonder dat dit reggemaak is.

Duisende liter water gaan verloor weens Metsi-a-Lekoa se traagheid om lekkasies te herstel. Hierdie lekkasie is in Sonlandpark. Foto: Christiaan Cloete

Volgens Elize Aucamp, raadslid vir Wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, is dit onwaarskynlik dat die lek binnekort reg gemaak sal word aangesien Metsi-aLekoa vir ‘n geruime tyd nie voertuie of brandstof het nie.

Dit gaan so sleg dat hulle kontrakteurs moet uitkry om te help want die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het eenvoudig nie die masjiene soos TLB’s om te help nie,” vertel sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button