Local newsNewsNews

Gesondheidswerkers wat reeds ingeënt is moet gemonitor word

Suid-Afrika het reeds te veel gesondheidswerkers weens Covid-19 verloor en daar moet groot sorg gedra word om enige verdere lewensverlies te voorkom.

Mediaverklaring deur: Philip van Staden (VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Gesondheid)

Met die VSA se gesondheidsowerhede wat die toediening van die Johnson & Johnson-entstof tydelik gestaak het weens ’n moontlike verband tussen die entstof en ‘n seldsame soort bloedklont en die Suid-Afrikaanse regering wat ‘n tydelike staking van die toediening van die entstof aangekondig het, is dit  noodsaaklik dat die 292 000 gesondheidswerkers wat reeds ingeënt is, deeglik gemonitor word om vroegtydig op te tree indien dieselfde newe-effekte plaaslik opduik.

Die soort bloedklont wat in Amerika geïdentifiseer is, kom in die slagoffer se brein voor en gaan gepaard met ‘n gebrek aan bloedplaatjies wat baie gevaarlik is.

Die ouderdom van die pasiënte was tussen 18 en 48 jaar en simptome het begin wys 14 dae na inenting. Die VF Plus neem kennis daarvan dat die SA Mediese Navorsingsraad die versekering gegee het dat daar onder gesondheidswerkers bitter min newe-effekte aangemeld is.

Plaaslik het slegs 2.2% van die ingeënte persone newe-effekte ondervind. Die VF Plus wil graag weet watter impak die tydelike staking van inentings op die nuwe entstof-program gaan hê wat die minister op 30 Maart 2021 aangekondig het en hoe lank dit vir wetenskaplikes gaan neem om vas te stel of Johnson & Johnson verder gebruik en toegedien kan word. Die regering moet eerlik wees oor die aangeleentheid aangesien die Suid-Afrikaanse publiek moeg is vir teleurstellings en leuens.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button