Local newsNationalNewsNews

‘Emfuleni-begraafplase ’n verleentheid’ – DA

Die opposisieparty het die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gekap oor die stand van begraafplase.

VANDERBIJLPARK. – Die Demokratiese Alliansie (DA) het in ’n persverklaring die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gevra om begraafplase in Vanderbijlpark, Evaton en Vereeniging reg te ruk en behoorlik in stand te hou.

Die opposisieparty sê hy is oorval met klagtes van inwoners wat kla oor die stand van begraafplase wat nie instand gehou word nie en wat met gras oorgroei is.

Die DA se leier in die Vaal Emfuleni Sentraal-kiesafdeling, rdl. Dady Mollo, sê versuim om hierdie kwessie aan te spreek stel die munisipaliteit se gebrek aan respek vir die dooies en hul families ten toon.

Dady Mollo

“Die DA het die begraafplase onlangs besoek om die omvang van die probleem te bepaal. Ons is geskok deur wat ons teëgekom het.

“By die Evaton-begraafplaas is die grafte en grafstene agter lang gras en onkruid weggesteek.

Die palisadeheining by verskeie plekke gebreek,” vertel hy.

Emfuleni se begraafplase is in ‘n haglike toestand. Foto: Christiaan Cloete

“By die Vanderbijlpark-begraafplaas troon die gras en onkruid oor die grafte uit. Met die heining wat reeds vir ‘n geruime tyd gebreek is gebruik mense nou die begraafplaas as ’n deurgang. Die paadjies wat hulle deur die begraafplaas uitgetrap het is sigbaar.”

Nog ‘n begraafplaas wat in ‘n haglike toestand is.

“Daar is ook rommel orals op die perseel gestrooi,” sê Mollo. Mollo vertel ook dat daar by die Vereeniging-begraafplaas in die industriële gebied geen heining is nie en dat grafstene hier ook deur gras en onkruid oorgroei is.

Die begraafplaas in Vanderbijlpark.

“Die grafte in die Boipatong- en Sharpeville-begraafplase, waar slagoffers van die Sharpeville- en Boipatong-slagtings begrawe is, is ook gebreek en vuil.

“Hierdie begraafplase word slegs een keer per jaar skoongemaak ter voorbereiding van Menseregtedagherdenkings,” vertel Mollo.

“In kontras hiermee word die begraafplase in die naburige Midvaal Plaaslike Munisipaliteit behoorlik in stand gehou, soos dit hoort,” het Mollo bygevoeg.

Midvaal se begraafplaas.

Hy het gevra dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit dringend ingryp en gereelde instandhouding by hierdie begraafplase implementeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button