Local newsNews

Vermoedelike staking by Vereeniging-lisensiekantore

Rede vir geslote kantore nog nie bevestig nie

Lede van die publiek wat die lisensiekantore in Vereeniging wou besoek, moet liewer betyds omdraai. Die kantore was gister (19 April) gesluit en personeel het vanoggend aan mense wat voor die gebou in ‘n ry begin staan het, gesê hulle gaan nie vandag oopmaak nie. Hulle moes maar omdraai.

Vaalweekblad verneem die personeel staak, maar ons kon tot dusver nog nie bevestiging kry of dit wel so is, en of daar ‘n ander rede is waarom hulle nie kan oopmaak nie.

Ons sal terugvoer gee sodra ons weet wat die rede is.

*****************************************************************************************************************

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button