Local newsNationalNews

‘Beskermengel’ red worshondjie langs Redan-pad

Was dit nie vir ’n weldoener wat gestop het om die verdwaalde diertjie op te tel en in die kar te laai nie, sou die troeteldiereienaar waarskynlik nooit weer haar geliefde hondekind gesien het nie.

VEREENIGING. – Michela Abt het in ‘n hartroerende brief haar dank teenoor Roxanne Groenewald, die “beskermengel” uitgespreek.

Roxanne is die vrou wat gestop het om Michela se hondjie op te tel  en in die kar te laai.

Danksy sosiale media kon die eienaar van die hond gevind word.

Michela skryf in die brief: “Dit is met ons innige dankbaarheid en opregte waardering dat ons vir mev. Roxanne Groenewald wil bedank wat Sondagmiddag die 18de April ons hondjie op die Redanpad opgetel het en na haar huis geneem het waar ons hom veilig en ongedeerd kon gaan haal.

“Sy was Sondagmiddag ons hondjie se beskermengel. Ons sal dit nooit vergeet nie.

“Sy naam is nou “Miracle” want dis ‘n wonderwerk dat ons hom veilig by haar gekry het.

“Ons het haar R500.00 gegee uit dankbaarheid.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button