Local newsNationalNewsNews

KYK: Toestand van Vosloopark en omliggende gebiede skok

Morsjorse, rommelstrooiers en plakkers het Vosloopark en die veld langs Deerylaan in 'n haglike toestand gelaat.

VEREENIGING. – Tydens Vaalweekblad se mees onlangse besoek is ons begroet deur hope rommel wat deur parkgangers in die park gestrooi is.

Dit volg nadat sakelui en vrywilligers onlangs ure van hul tyd opgeoffer het en baie geld spandeer het om Vosloopark in Drie Riviere mooi te maak deur rommel op te tel en gras te snoei.

Lede van Proudly Three Rivers het verlede jaar honderde glasbottels langs die Vaalrivier opgetel maar die rommelstrooiers gaan net aan met die strooi van rommel. Foto: Christiaan Cloete

Inwoners kla ook oor ‘n groeiende plakkerskolonie wat hulself  langs die oewers van die Kliprivier gevestig het.

Die plakkerstente by die ingang na die Riverfront Estate waar mense nou al vir maande lank oop en bloot langs die Kliprivier plak. Foto: Verskaf

Die probleem is al herhaaldelik aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gekommunikeer maar niks word glo gedoen nie.

Vosloopark en ander gebiede langs die rivier het ‘n stortingsgebied geword vir mense se huishoudelike rommel en dooie diere. Foto: Christiaan Cloete

Die munisipaliteit het in Augustus vanjaar heelwat plakkers uit die park verwyder maar dit was nie lank voor hulle almal terug was nie.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het verlede jaar plakkers uit Vosloopark verwyder. Meeste van hulle is terug en nog ‘n paar ander daarmee saam. Foto: Christiaan Cloete

Dit is net ‘n kwessie van tyd voor hier ‘n plakkerskamp opspring,” het meen ‘n bekommerde inwoner.

Dit gebeur gereeld dat mense dooie diere in die park gooi. Foto: Christiaan Cloete

Ook die gebied langs Dee Drive het oor die afgelope paar maande in ‘n onwettige stortingsterrein, soortgelyk aan Spider Valley, ontaard waar mense huishoudelike rommel en selfs dooie diere se verottende karkaste strooi.

Die parkgebied langs Deerylaan is nou ‘n gewilde stortingsterrein vir huishoudelike rommel en verrottende dierkarkaste. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button