MotoringNationalNews

Brandstofprys in Mei: AA verwag geringe verligting

Diesel dalk goedkoper, maar In dié stadium lyk dit nog nie of die prys van petrol gaan daal nie

Suid-Afrika se brandstofprys het in April tot ‘n rekordhoogte gestyg, maar volgens die Automobiel Assosiasie (AA) kan daar in Mei dalk ‘n bietjie verligting op motoriste wag.

Volgens die AA se vooruitskattings, wat op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds gebaseer word, kan die prys van diesel in Mei moontlik met 32 sent per liter daal, en paraffien na verwagting met 27 sent. In dié stadium lyk dit nog nie of die prys van petrol gaan daal nie, maar eerder met ‘n verdere 6 sent per liter verhoog gaan word.

Die uitvoerende hoof van die AA, Willem Groenewald, het verlede Woensdag in ‘n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne gesê daar moet dringend na die samestelling van die brandstofprys gekyk word om te verseker dit is regverdig en gepas vir Suid-Afrikaanse omstandighede.

Groenewald het ook na die Padongelukkefonds (POF)-heffing, wat in die algemene brandstofprys ingesluit is, verwys en gesê dit is onbillik dat motoriste aanhoudend moet opdok terwyl die fonds swak bestuur word. Hy het aanbeveel dat alternatiewe maniere om slagoffers van padongelukke te vergoed, ondersoek moet word.

Hy het ook voorgestel dat meer aandag aan die voorkoming van padongelukke gegee moet word eerder as wat nog geld in dié swakbestuurde fonds ingepomp word.  

Foto: Willem Groenewald, uitvoerende hoof van die AA.      

****************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button