Local newsNews

Inwoners besluit vanoggend oor eise aan Emfuleni m.b.t. diensterekeninge

Beswaardes wil net 'flat rate' van R600 betaal

  ‘n Groep van sowat 150 inwoners van Vanderbijlpark vergader tans (Sondag 25 April) langs die openbare biblioteek in die sakesentrum van die dorp oor eise wat hulle aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gaan stel met betrekking tot hul diensterekeninge. Daar word verwag dat hulle daarop gaan aandring dat ou skuld afgeskryf word en dat almal slegs ‘n “flat rate” van R600 per maand betaal. Hoewel daar polisieteenwoordigheid by die veragedering is, verloop alles tot dusver rustig en sonder enige oproer. Vaalweekblad gee later verdere terugvoer. Foto’s: Nicky J. van Vuuren, Chilli PicNic  

Teenwoordiges by vanoggend se vergadering oor Emfuleni se diensrekenings. Die byeenkoms vind vanoggend plaas langs die openbare hoofbiblioteek in Vanderbijlpark.

***************************************************************************************************************    

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button