Local newsNationalNewsNews
Vier mense dood nadat vliegtuie met mekaar bots
Vier mense is dood nadat twee vliegtuie glo Maandagaand met mekaar in die lug gebots het naby Grasmere in Gauteng.

GRASMERE. – Lede van die Burgerlugvaartowerheid (BLO) se ondersoekspan is na die toneel gestuur om ondersoek in te stel.
”Die doel van die ondersoek is om ‘n waarskynlike oorsaak van die ongeluk te bepaal en indien nodig veiligheidsvoorstelle te maak oor hoe om soortgelyke ongelukke te verhoed,” het Kabelo Ledwaba, ‘n woordvoerder van burgerlugvaartowerheid gesê.
Volgens Ledwaba sal ‘n voorlopige verslag binne 30 dae beskikbaar wees.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
