As jy vanmiddag bietjie kouer kry as gewoonlik, is dit nie jou verbeelding nie. Die temperatuur in die Vaaldriehoek is vinnig besig om te daal! Hier sak tans (omstreeks 15:30) ook reën uit in die Vaaldriehoek, wat plek-plek met donderweer gepaard gaan.
‘n Sterk kouefront het gister suid van SA beweeg. Volgens Angelo Ricardo Hoorn van Severe Weather and Information Centre (SWIC) word dit gevolg deur ‘n hoëdrukstelsel wat tans Wes van Kaapstad is. Hierdie hoëdrukstelsel is die rede waarom dit van nou af en oor die naweek so koud sal wees, veral oor die Suid-ooste en Noord-ooste van Suid-Afrika. Die Vaaldriehoek voel ook reeds die koue lug wat van agter die kouefront oor die land voortgedryf word.
Bly warm en as julle troeteldiere het, laat hulle vannag maar binne slaap.
Op die foto’s onder kan vanoggend se sneeu oor die berge in Lesotho gesien word, wat ysige koue in daardie gebied veroorsaak. Die foto’s is deur Shadz Mphuthi Chobokoane by die AfriSki-oord geneem.


*********************************************************************************************************************************

