Local newsNationalNewsNews

KYK: ‘Ons steek nie park aan die brand nie! Ons brand net koperdraad!’

Twee mans wat Donderdagmiddag droeë gras in Vosloo Park aan die brand gesteek het, het dit glo gedoen om die plastiekomhulsel van koperdraad af te brand.

VEREENIGING. – Vaalweekblad het gaan ondersoek instel oor die oorsaak van geheimsinnige brande wat nou al vir weke lank by parkgebiede langs die rivier opvlam en die twee mans aangetref by ‘n vuur wat hulle gemaak het.

Inwoners kla oor velde wat aanmekaar aan die brand gesteek word en dik rookwolke wat hulle na hul asem laat snak.

Angelo Knouwels (met die hoed) en sy vriend, Branden Nagan, in die park waar hulle koperdraad gebrand het. Foto: Christiaan Cloete

Angelo Knouwels, een van die mans, het verduidelik dat hulle bloot koperdraad gebrand het om van die plastiekomhulsel ontslae te raak en dat hulle bedoeling nie was om die hele park aan die brand te steek nie.

Branden Nagan met hamer in die hand terwyl die koperdraad brand. Foto: Christiaan Cloete

Angelo het die vuur met ‘n 2 liter Coke-bottel geblus nadat hy gesien het hulle word dopgehou.

Angelo Knouwels en Branden Nagan het darem die vuur met ‘n 2 liter Coke-bottel met water in geblus. Foto: Christiaan Cloete
Die stukkie gras waar Angelo Knouwels en sy Branden Nagan die koperdraad gebrand het. Foto: Christiaan Cloete

Hulle het die toneel kort daarna verlaat.

Raadsheer Phil Pretorius van Wyk 14 van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het vroeër vandeesweek gewaarsku dat dit as brandstigting beskou word om ‘n veld of vleiland aan die brand te steek en dat dit strafbare oortreding is.

Om velde en vleilande aan die brand te steek is ‘n strafbare oortreding. Foto: Verskaf

Veldbrande kan lewens eis, eiendom vernietig en beskermde fauna doodmaak,” waarsku hy.

Die waarskuwing volg nadat ‘n vleiland wat die Vlei-uil (Asio capensis) huisves onlangs gebrand het.

Hy het ‘n beroep op mense in die Midvaal-omgewing gedoen om die Midvaal-brandweer by (016) 360 7500 te skakel om brande aan te meld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button