Local newsNewsNews

Lumies se bydra tot Aardedag 2021

Primêre Skool Lumiére gee terug aan die natuur op Aardedag 2021.

VAALPARK. – Die Primêre Skool Lumiére het op 22 April hul deel vir Aardedag gedoen. Die kinders het twee bome geplant en meer geleer oor hoe om die omgewing te bewaar en waarom bome so belangrik is.

Een van die bome wat geplant is ter viering van Aardedag 2021.

Aardedag word sedert 1970 gehou, nadat ‘n Amerikaanse senator, Gaylord Nelson, voorgestel het dat daar jaarliks so ‘n dag gehou word ten einde mense bewus te maak van omgewingsbewaring.

Almal het ‘n kans gehad om hul deel by te dra in die boomplant seremonie. Foto’s: Primêre Skool Lumiére Facebook

Die afgelope 51 jaar het die boodskap van Aardedag oor die wêreld versprei. Hierdie jaar het meer as ‘n biljoen mense uit 192 lande aan aardedag verrigtinge deelgeneem. 2021 se tema was Herstel Ons Aarde (Restore Our Earth™), wat daarop gemik is om ekologiese sisteme wêreldwyd te herstel.

Daar is nie net bome geplant nie, maar ook boom-kunswerke gemaak.

Gaan besoek gerus www.earthday.org vir meer inligting. Soos wat Lumiére Primêre Skool op hul Facebookblad geskryf het: Ons het #EarthDay2021 gedenk deur terug te gee aan die natuur. Ons het 2 bome geplant wat eendag baie koelte vir ons leerders gaan bied.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button