Geliefde Dokkies-onderwyseres sterf in ongeluk
’n 22-Jarige onderwyseres verbonde aan die Hoërskool Dr. Malan in Meyerton is Saterdagnag dood in ’n ongeluk op die Stokkiesdraaipad (Ravel Road) buite die dorp.
VANDERBIJLPARK. – Juffrou Dezere Lawrenson, die jong onderwyseres, was geliefd onder onderwysers en kollegas.

Sy was glo omstreeks middernag Saterdagaand op die Stokkiesdraaipad met haar Volkswagen Polo toe die ongeluk gebeur het.
Die ER24-ambulansdiens het in ’n verklaring gesê die onderwyseres is dood in ’n botsing tussen ’n Volkswagen Polo en ’n Toyota RAV4.

Twee ander mense, ’n 30-jarige man en ’n volwasse vrou het ook geringe beserings in die ongeluk opgedoen.
Volgens ER24 het paramedici omstreeks 00:05 saam met die brandweer, die plaaslike polisie en ander nooddienswerkers by die toneel aangekom.
“Die 22-jarige vrou was gedeeltelik in die wrak van die Polo vasgekeer. Sy het geen tekens van lewe getoon nie. Daar kon ongelukkig niks vir haar gedoen word nie,” lui die verklaring.
Volgens die ambulansdiens is die 30-jarige man en die vrou na die Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling. Juffrou Dezere Lawrenson, die jong onderwyseres, was geliefd onder onderwysers en kollegas.
Die ER24-ambulansdiens het in ’n verklaring gesê die onderwyseres is dood in ’n botsing tussen ’n Volkswagen Polo en ’n Toyota RAV4.

Twee ander mense, ’n 30-jarige man en ’n volwasse vrou het ook geringe beserings in die ongeluk opgedoen.
Volgens ER24 het paramedici omstreeks 00:05 saam met die brandweer, die plaaslike polisie en ander nooddienswerkers by die toneel aangekom.
“Die 22-jarige vrou was gedeeltelik in die wrak van die Polo vasgekeer. Sy het geen tekens van lewe getoon nie. Daar kon ongelukkig niks vir haar gedoen word nie,” lui die verklaring.
Volgens die ambulansdiens is die 30-jarige man en die vrou na die Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling.