Vredesluiting word op 31 Mei hier gedenk
Mense wat belangstel om aan die dag se verrigtinge deel te neem, kan mnr. Peters kontak by 083 521 3990.
Die Vrede van Vereeniging, wat in 1902 gesluit is, word weer op 31 Mei herdenk en inwoners van die Vaaldriehoek is hartlik welkom om daaraan deel te neem.

Mnr. Freddie Peters van die Vaaldriehoek Kultuurvereniging het reeds ‘n voorlopige program vir die dag saamgestel, maar daar is ook planne om ‘n herdenking by die Suikerbosrand-feesterrein te hou vir inwoners van die Vaaldriehoek wat nie ver wil ry of nie die hele dag kan deelneem nie.
Die voorlopige program is soos volg:
* 09:00 – Kranslegging by die Vredesmonument langs Vereeniging se stadsaal.
* 10:30 – Kranslegging by Engen Blokhuis langs die R59-snelweg.
* 13:00 – Kranslegging by die Gedenkkapél, Russiese Ortodokse Kerk, Midrand.
* 14:30 – Kranslegging by Melrose Huis, Pretoria.
* 16:00 – Kranslegging op die trappe van die Voortrekkermonument.
* 16:30 tot 18:30 – Verversings by die FAK-kantoor langs die monument.
Indien daar genoeg belangstelling is, kan ‘n kranslegging en spreker vir die geleentheid gereël word by die Suikerbosrand-feesterrein, sê mnr. Peters.
Indien dit voortgaan, sal dit op 31 Mei tussen 17:30 en 18:30 plaasvind. ‘n Gesellige bring en braai sal dan daarna van 18:30 tot 20:00 gehou word.
Mense wat belangstel om aan die dag se verrigtinge deel te neem, kan mnr. Peters kontak by 083 521 3990.


***************************************************************************************************************************
