Drie dood, 14 beseer in ongeluk by Lochvaal
Drie mense is dood en 14 beseer in ’n ongeluk op die N1 naby Lochvaal.
VANDERBIJLPARK. – Volgens die ER24-ambulansdiens was daar ses voertuie in die ongeluk betrokke.
Volgens Russel Meiring, ER24-woorvoerder, het rook van ’n veldbrand moontlik bygedra tot die omstandighede waaronder die ongeluk plaasgevind het.
Meiring vertel: “Nooddienswerkers het om 15:40 by die toneel aangekom en verskeie voertuie in albei bane op die toneel aangeref.
Daar was ook talle mense wat op die toneel rondgeloop het.
“Nooddienswerkers het ook ’n bejaarde paartjie en ‘n man angetref wat bewegingloos in een van die voertuie gelê het.
Ongelukkig het al drie reeds aan beserings beswyk,” vertel Meiring.
Ongeveer 14 ander mense is op die toneel behandel.
Een vrou is in ’n kritieke toestand met haar twee dogters (11 en 14) wat minder ernstige beserings opgedoen het.
Die vrou is per helikopter na ’n privaathospitaal vervoer nadat sy noodbehandeling op die toneel ontvang het.
Elf ander pasiënte het ook beserings opgedoen.