Krukkelys besorg Valia hoofbrekens
VANDERBIJLPARK. – Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Transvalia skop eerskomende Saterdag in Nelspruit sy veldtog in die Virsekerbeker af met die swaard van Damokles wat oor sy kop hang. Na sy teleurstellende tuisnederlaag teen Klerksdorp wil Valia sy veldtog teen die Hoërskool Nelspruit op ‘n wennoot afskop. Dit gaan egter ‘n opdraende stryd wees …
VANDERBIJLPARK. – Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Transvalia skop eerskomende Saterdag in Nelspruit sy veldtog in die Virsekerbeker af met die swaard van Damokles wat oor sy kop hang. Na sy teleurstellende tuisnederlaag teen Klerksdorp wil Valia sy veldtog teen die Hoërskool Nelspruit op ‘n wennoot afskop.
Dit gaan egter ‘n opdraende stryd wees om die Nellies op sy tuisveld te troef. Benewens die tuisveldvoordeel in die Nellies se guns, sukkel Valia ook met beserings aan sleutelspelers. Ruben Olivier (flank: skouer), Tiaan Grové (buitesenter: hand) en Zander Zaaiman (agtsteman: skouer) is almal op die krukkelys en dit gaan moeilik wees om dié sleutelposisies te vul.
Volgens Tiaan Valentine, hoof-afrigter van Transvalia se eerste rugbyspan, sal Olivier en Grové vir die volgende 6 tot 8 weke buite aksie wees. Daar is nog geen defnitiewe uitslag oor omvang en erns van die skouerbesering wat Zaaiman tydens die Valke-proewe opgedoen het nie.
