Local newsNationalNewsNews

Stand van Emfuleni-paaie kwel

Die sukkelende Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit kan gereed maak vir nog skadevergoedingseise namate reusagtige slaggate daagliks duisende rande se skade aan motoriste se bande en wiele aanrig.

VEREENIGING. – ‘n Munisipaliteit is vir die instandhouding van sy paaie verantwoordelik maar tamaai slaggate in besige strate soos Mario Milanirylaan en Golfweg word eenvoudig nie reggemaak nie en rig daagliks skade aan motoriste se bande aan.

Slaggate en pap bande is aan die orde van die dag by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit waar die stand van paaie in ‘n erge toestand is weens jare van swak bestuur. Foto: Christiaan Cloete

Was dit nie nie vir plaaslike sakelui wat nou en dan help om paaie reg te maak nie sou dit waarskynlik veel erger gelyk het.

Motoriste skryf feitlik daagliks hul bande af by tamaai slaggate soos dié een in Golfweg, Peacehaven af. Foto: Christiaan Cloete

Vaalweekblad se verslaggewer moes Dinsdagoggend alleen twee bande vervang weens twee afsonderlike slaggate – die een in Mario Milaniweg en die ander in Golfweg. 

Mokete Montshi, ’n werknemer van Star Nissan Vereeniging, het tydens die eerste geleentheid gestop en gehelp om die linker voorwiel met ‘n spaarwiel te ruil.

Die vriendelike Mokete Montshi, ‘n werknemer van Star Nissan Vereeniging, het Vaalweekblad se verslaggewer gehelp om sy band om te ruil. Foto: Christiaan Cloete

Daar was ook heelwat motoriste langs die pad wat deur dieselfde slaggate gery het.

‘n Motoris stop Dinsdagoggend in Mario Milanirylaan om ‘n wiel om te ruil. Foto: Christiaan Cloete

Juandre Heyneke, ’n motoris wat Dinsdagoggend ‘n band moes vervang nadat hy ook deur die yslike slaggat in Mario Milaniweg gery het meen hy gaan beslis eis.

Organisasies soos Proudly Three Rivers wend inwoners se bydraes aan om paaie in die buurt in stand te hou terwyl die munisipaliteit inwoners faal. Foto: Facebook/Proudly Three Rivers

Intussen word inwoners aangemoedig om tot organisasies soos Proudly Three Rivers en Vaal Business Cooperation by te dra wat gereeld die moeite doen om slaggate toe te stop en paaie in stand te hou waar die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit inwoners in die steek laat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button