Local newsNewsNews

VTA vier Hemelvaartdag

Al is Hemelvaartdag nie meer 'n amptelike vakansiedag nie, word dit steeds jaarliks deur Christene herdenk.

VANDERBIJPARK. – Vandag, 13 Mei, vier Christene wêreldwyd Hemelvaartdag. By die Vaal Triangle Academy (VTA) het die personeel en leerlinge die dag op ‘n besonderse wyse gevier. Die hele skool het om 10:00 op die oop veld naby die skool byeengekom.

Onder een boom was ‘n kruis wat aanmekaar gesit is deur prente wat die juniors ingekleur het. Die leerlinge het ook prentjies van onder andere wit duiwe waarop ‘n Bybelvers gedruk was vasgehou.

Die leerlinge het onder andere hierdie wit duif prentjies met Bybelversies vasgehou. Foto: Carmi Walker

Nadat die skoolhoof, Caren Oosthuizen, almal weer aan die betekenis van die dag herinner het, het Boesman Swanepoel 10 wit duiwe losgelaat. Die duiwe het hoog in die lug gevlieg, alvorens hul koers huis toe gekies het.

Elke klas het daarna ook ‘n pers ballon losgelaat met ‘n Bybelversie in. Caren sê op ‘n vorige keer het ‘n boer hulle gekontak nadat een die ballonne se Bybelversies op sy plaas beland het. “Hy was baie depressief daardie dag en die boodskap het hom so bemoedig, dat hy ons gekontak het om dankie te sê.”

Die oggend se verrigtinge is afgesluit met lofprysing, ‘n gebed en die saamsing van die Onse Vader.

Die kruis met die prentjies wat die juniors ingekleur het. Foto: Gerda Bruinette

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button