Landloopliga skop af
Die landloop-seisoen is hier!
VANDERBIJLPARK. – Die eerste byeenkoms van Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se landloopliga het Saterdag, 8 Mei onder streng Covid-19 maatreëls by die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) se Izak Steyl-stadion plaasgevind.
Om die verspreiding van Covid-19 te keer, is die aantal mense binne die stadion op enige gegewe tyd tot 250 beperk. Geen toeskouers is toegelaat nie, wat beteken dat atlete die stadion moes verlaat sodra hulle klaar was met die item waaraan hulle deelgeneem het.
Die byeenkoms is een van sewe liga-byeenkomste wat plaaslik gehou word.
Dit sal met AVT se provinsiale byeenkoms wat op 21 Augustus ook by VUT gehou word, eindig. Die volgende byeenkoms vind op 15 Mei by by HS Transvalia plaas.
