VAALDAM. – Vaalweekblad het vanoggend verneem dat mnr. Essie Esterhuysen, besturende direkteur van die ESGRO Groep van Maatskappye, die loods was van die helikopter wat gisteraand (14 Mei) in die Vaaldam neergestort het.
Sy passasier, ‘n vrou wat ook in die ongeluk omgekom het, se naam is nog nie amptelik bekendgemaak nie. Vaalweekblad se opregte meegevoel aan die familie en vriende.
Een van wyle mnr. Esterhuysen se talle vriende in die lugvaartbedryf, Louis Van Staden, skryf vanoggend op Facebook:
“Vandag treur ek oor dié verlies van my grootste vliegmentor…. Essie Esterhuysen. Hy het gelewe – régtig gelewe – maar nie vir homself nie… maar vir ons, dié mense om hom. Tot weersiens my vriend…..”

************
Vaalweekblad gaan die familie en vriende nie vandag in hulle tyd van diepe rou pla nie, maar ons sal mettertyd volledig oor die tragiese ongeluk berig.

Lees vanoggend se eerste berig hier:
https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/94779/breaking-news-chopper-crashesinto-vaaldam/
*********************************************************************************************
