Local newsNationalNewsNews

Inwoners teken protes aan oor “onregte”

'n Groep inwoners van Redan het op Saterdag 15 Mei aan 'n protesoptog deur Redan se strate deelgeneem om die aandag te vestig op “onregte” wat glo teen inwoners gepleeg word.

VEREENIGING. – Mnr. Wessel Basson, direkteur van die burgerregtegroep Patriot vir Minderhede, sê die nuwe eienaar van Redan, mnr. Barnabas Dube, het sedert hy die bestuur van die buurt in Januarie oorgeneem het, arm inwoners se regte vertrap.

Basson sê Dube het sedert hy in beheer is inwoners se huur aansienlik opgestoot, inwoners geïntimideer, ‘n inwoner genaamd Wessel Greeff uit sy huis laat boender oor agterstallige huur en ‘n veiligheidsversperring (“boom gate”) sonder inwoners se toestemming of goedkeuring laat oprig.  

Betogers het Saterdag ‘n versoekskrif aan ‘n verteenwoordiger van Eskom oorhandig waarin André de Ruyter, die kragreus se uitvoerende hoof, gevra word om ondersoek in te stel na die transaksie waartydens die oord glo vir ‘n appel en ‘n ei aan Dube se maatskappy Builders One Stop Centre oorgedra is en te bepaal of die transaksie in die eerste plek geldig was.

Volgens Basson wil hulle ook by De Ruyter weet of die waardering van die oord binne die statutêre en regulatoriese raamwerk vir die vervreemding van grond gedoen is. Hulle wil ook weet of ene Lilian Denise Else die magtiging gehad het om Eskom in die transaksie te verteenwoordig waartydens die grond aan Dube se maatskappy oorgedra is.

Eskom se uitvoerende hoof, Andre de Ruyter, is in die versoekskrif gevra om die transaksie waartydens Redan aan Dube se maatskappy oorgedra is te ondersoek.

Die versoekskrif vra ook dat Eskom die nodige druk op Dube se maatskappy, wat intussen na DB Vest Properties herdoop is, te plaas om te verseker dat intimidasie van ondersteuners van die burgerregtegroep gestaak word.

Mnr. Dube wou nie op rekord met Vaalweekblad praat nie aangesien daar tans ‘n hofsaak aan die gang is wat handel oor die beweerde uitsetting van Wessel Greeff en ander inwoners.

Mnr. Barnabas Dube wie se maatskappy DBVest Properties die bestuur van Redan by Eskom oorgeneem het. Foto: ENCHA Properties

Vaalweekblad het wel dokumente gesien wat toon dat Eskom reeds in Februarie 2018 ‘n uitsettingsbevel teen Wessel Greeff en sy vrou Annie bekom het om hulle uit huis 62 in Redan te sit.

Dit was nog voor Dube bestuur van die buurt oorgeneem het.

Teen die einde van Desember het Greeff se agterstallige rekening R140 000 beloop.

Dube het glo Greeff alternatiewe verblyf aangebied.

Die minderregtegroep Patriot vir Minderhede beweer mense met agterstallige huur is uit Redan “geboender” maar die eienaarsvereniging trek hierdie bewering in twyfel. Foto: Christiaan Cloete

Daar is ook dokumente getoon wat skynbaar die bewerings weerlê dat inwoners se huur “met bykans 100%” opgestoot is soos Basson sê.

Die werklike gemiddelde syfers is volgens hierdie dokument nader aan 47% gemiddeld.

Erminie Bobbert, voorsitter van die Sustainable Residents Assocation of Redan (Star), ‘n inwonersvereniging, sê dat hoewel inwoners se huur meer is sedert mnr. Dube die bestuur van Redan oorgeneem het, inwoners nou beter dienste kry vir die geld wat hulle betaal.

Mnr. Erminie Bobbert, voorsitter van die Sustainable Residents Assocation of Redan (Star), ‘n inwonersvereniging, meen Dube is ‘n “redelike man” wat inwoners te gemoed kom. Foto: Christiaan Cloete

Hy het die voorbeeld gebruik van die nuwe veiligheidshek, gras wat gesny is en paaie wat verbeter is.

Hy vertel ook dat Redan onder Dube se bestuur minder kragonderbrekings as in Eskom se tyd het en dat herstelwerk meer gereeld gedoen word.

Hy sê ook dit inwoners gaan sukkel om huise van die grootte wat hulle in Redan huur elders te huur teen hierdie prys.

Bobbert sê nie ‘n enkele person is nog vandat mnr. Brian Dube bestuur oor Redan oorgeneem het daar uitgeskop nie.

Daar is wel briewe aan seker inwoners uitgereik waarin hulle gewaarsku word dat hulle uitgesit gaan word. Volgens hom is dit meestal mense wat agterstallig was met hul huur.

‘n Vrou in ‘n rolstoel vra dat Dube moet gaan. Foto: Christiaan Cloete

Bobbert het ‘n beroep op enige inwoners wie se huur met 100% opgestoot is gedoen of wat uit hul huise gesit is, om bewyse aan hom voor te lê.

Bobbert het Dube as ‘n “redelike man” beskryf wat meer as bereid is om inwoners te gemoed te kom.

Terwyl die optog aan die gang was het ‘n ander groep inwoners ‘n braai van waardering vir Dube gehou vir die positiewe verskil wat hy aan die buurt gemaak het.

Terwyl die een groep inwoners aan ‘n protesoptog deelgeneem het, het ‘n ander ‘n braai van danksegging vir mnr. Barnabas Dube gehou. Foto: Christiaan Cloetee

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button