Local newsNewsNews

Greeff se NFL-droom kry vlerke

VANDERBIJLPARK. – Volgende stop, San Diego, Amerika! Die gebore en getoë Vaaldriehoeker, Lloyd Greeff, se droom om in die Amerikaanse National Football League (NFL) te speel het vandeesweek vlerke gekry. Greeff, wat in 2014 vir die Junior Springbokke gespeel het, sukkel die afgelope drie weke naarstiglik om sy visum uitgesorteer te kry. Hy het vandeesweek …

VANDERBIJLPARK. – Volgende stop, San Diego, Amerika! Die gebore en getoë Vaaldriehoeker, Lloyd Greeff, se droom om in die Amerikaanse National Football League (NFL) te speel het vandeesweek vlerke gekry. Greeff, wat in 2014 vir die Junior Springbokke gespeel het, sukkel die afgelope drie weke naarstiglik om sy visum uitgesorteer te kry.

Hy het vandeesweek na ‘n groot gestoei in Zimbabwe reggekom en vertrek more (Donderdag 19 Mei) na San Diego in Amerika om aan die “try-out” deel te neem. Daar is glo tans ‘n groot tekort aan gehalte skoppers in die NFL. Talentsoekers en afrigters was gaande oor Greeff se toets-resultate en video-opnames en het daarop aangedring dat alles in die stryd gewerp moet word om hom op Amerikaanse bodem te kry.

Die Valie Lloyd Greeff besig om aan sy skopwerk te skaaf. Foto’s: Ettienne van Rensburg

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button